
Waar elke leerder se unieke reis van groei en ontdekking begin.
Durbanville Akademie Junior Fase
Graad 1 - 5
LEERSENTRUM VIR IMPAQ GEREGISTREERDE LEERDERS

Durbanville Akademie Junior Fase is ’n leersentrum wat professionele, gestruktureerde onderrigondersteuning in Afrikaans bied. Ons volg ’n aanpasbare benadering wat fokus op die unieke behoeftes van elke leerder, sodat elke kind die geleentheid kry om op sy of haar eie tempo te groei en te ontwikkel.
Ons span gekwalifiseerde onderwysers beskik oor uitgebreide ervaring.
Hoewel akademiese ondersteuning ons kernfokus is, stel ons kleiner groepe – ’n maksimum van 6 leerders per grondslagfase-klas en 8 leerders per juniorfase-klas – ons in staat om ook doelgerigte aandag te gee aan elke leerder se sosiale, emosionele en geestelike groei.

VISIE EN MISSIE
By Durbanville Akademie Junior Fase word elke leerder gekoester en aangemoedig om te droom, te leer en te groei. Ons streef daarna dat elke leerder se unieke reis van groei en ontdekking hier begin.

ONDERRIG-FILOSOFIE
Ons aanvaar leerders soos hulle is
en moedig hulle aan om hul sterkpunte te ontdek. Ons onderrigmetodes is nie eenvormig nie; ons pas ons onderrigstyle aan om elke leerder se unieke leerbehoeftes te akkommodeer. Ons haal die kern van die konsepte uit die KABV- kurrikulum en konsentreer holisties op die hele
leerder—nie net op akademiese
uitkomste nie, maar ook op die leerder se fisiese en emosionele welstand.
Vakke en grade
2024: Graad 1 - 3
2025: Graad 1- 4
2026: Graad 1-5
GRAAD 1-3
-
Afrikaans Huistaal
-
Engels Eerste Addisionele Taal
-
Wiskunde
-
Lewensvaardighede
GRAAD 4-5
-
Afrikaans Huistaal
-
Engels Eerste Addisionele Taal
-
Wiskunde
-
Natuurwetenskappe en Tegnologie
-
Sosiale Wetenskappe
-
Lewensvaardighede
Buitemuurse aktiwiteite
Ons bied verskeie buitemuurse aktiwiteite aan wat 'n aanvulling op leerders se leerervaring kan wees.
-
Catrobatkidz (verpligtend)
-
Robotix
-
Kiddie Create (Kunsklasse)
-
Ballet
Leerders kan by omliggende skole se buitemuurse aktiwiteite inskakel
TERME EN VOORWAARDES GELD
Sentrum ure
Die sentrum open om 07h30.
Lesse begin om 08h00.
Die sentrum sal tydens skoolvakansie gesluit wees.
Gekwalifiseerde onderwysers
Ons span bestaan uit gekwalifiseerde onderwysers wat as Tutors optree en beskik oor uitgebreide ondervinding in die onderrig van leerders met leerhindernisse.
Kurrikulum gevolg deur IMPAQ
Impaq volg die Nasionale Kurrikulum (KABV), wat impliseer dat die kurrikulumvereistes gelyk is aan dié van openbare skole, aangesien dit aan die minimum vereistes van die Nasionale Kurrikulum voldoen.
Deur aan die Nasionale kurrikulumvereistes te volg, kan leerders maklik tussen skole beweeg (horisontaal) en vorder tussen die verskillende NKR-vlakke (vertikaal) volgens die bevorderingsvereistes soos bepaal deur die DBO in die 2016 Nasionale Beleidsdokument.
Evaluering
Streng volgens die vereistes in die KABV-dokumente.
Deurlopende assessering en evaluering van leerders se vordering vind plaas met geleentheid vir interaksie tussen ouers en onderwysers
Klasgrootte en leerbenadering
Met slegs ses leerders per klas in doe grondslagfase en agt leerders per klas in die juniorfase, kan ons verseker dat elke leerder die ondersteuning en aandag ontvang wat hulle verdien. Ons klein klasgroepe verminder die moontlikheid van klaskamerontwrigtende gedrag, wat lei tot 'n gefokusde en produktiewe leeromgewing. Leerders kan die Kurrikulum suksesvol voltooi, met gepersonaliseerde ondersteuning waar nodig
Profiel leerder
Ons verwelkom die profiel leerder wat die CAPS-kurrikulum met ondersteuning kan voltooi, en wat voordeel trek uit klein klasse . Leerders wat met die tempo van die klas kan byhou sonder om die leerproses te ontwrig, en wat baat by 'n gestruktureerde, maar individuele benadering tot onderrig
Ontmoet die span
Ons span bestaan uit gekwalifiseerde onderwysers met ervaring in individuele ondersteuning. Ons is passievol daaroor om leerders te help om leerhindernisse te oorkom en hul volle potensiaal te bereik. Deur persoonlike aandag en aanpasbare onderrigmetodes te gebruik, skep ons ‘n omgewing waar elke kind selfvertroue kan opbou en akademiese sukses kan beleef
Annecke Kotze
Graad 4
Suzaan van Wyk
Graad 5

























