top of page
DurbanvilleAkademieGSF(4)_edited.jpg
Durbanville Akademie Grondslagfase is 'n tutorsentrum wat professionele en gestruktureerde onderrigondersteuning in Afrikaans bied, met 'n aanpasbare benadering vir elke leerder. Ons onderwysers is hoogs gekwalifiseerd en beskik oor uitgebreide ondervinding in die onderrig van kinders.
Hoewel ons akademiese ondersteuning ons kernfokus is, stel die kleiner groepe van maksimum 6 leerders per klas, ons in staat om ook aandag te skenk aan die sosiale, emosionele en geestelike groei van elke kind.
koerant_edited.jpg

VISIE EN MISSIE

By Durbanville Akademie Grondslagfase word elke leerder gekoester en aangemoedig om te droom, te leer en te groei. Ons streef daarna dat elke leerder se unieke reis van groei en ontdekking hier begin.

leer_edited_edited.jpg

ONDERRIG-FILOSOFIE

Ons aanvaar leerders soos hulle is

en moedig hulle aan om hul sterkpunte te ontdek. Ons onderrigmetodes is nie eenvormig nie; ons pas ons onderrigstyle aan om elke leerder se unieke leerbehoeftes te akkommodeer. Ons haal die kern van die konsepte uit die KABV- kurrikulum en konsentreer holisties op die hele

leerder—nie net op akademiese

uitkomste nie, maar ook op die leerder se fisiese en emosionele welstand.

Vakke en grade

2024: Graad 1 - 3
2025: Graad 1- 4

2026: Graad 1-5

GRAAD 1-3

  • Afrikaans Huistaal

  • Engels Eerste Addisionele Taal

  • Wiskunde

  • Lewensvaardighede

GRAAD 4-5

  • Afrikaans Huistaal

  • Engels Eerste Addisionele Taal

  • Wiskunde

  • Natuurwetenskappe en Tegnologie

  • Sosiale Wetenskappe

  • Lewensvaardighede

Buitemuurse aktiwiteite

Ons bied verskeie buitemuurse aktiwiteite aan wat 'n aanvulling op leerders se leerervaring kan wees.

Catrobatkidz (verpligtend)-R 190 per maand.

Robotix (nie-verpligtend) – R700 per Kwartaal

Kinders kan by omliggende skole se buitemuurse aktiwiteite inskakel

TERME EN VOORWAARDES GELD

Sentrum ure

Die sentrum open om 07h30.

Lesse begin om 08h00.

Die sentrum sal tydens skoolvakansie gesluit wees.

Gekwalifiseerde onderwysers

Ons span bestaan uit gekwalifiseerde onderwysers wat as Tutors optree en beskik oor uitgebreide ondervinding in die onderrig van leerders met leerhindernisse.

Kurrikulum gevolg deur IMPAQ

Impaq volg die Nasionale Kurrikulum (KABV), wat impliseer dat die kurrikulumvereistes gelyk is aan dié van openbare skole, aangesien dit aan die minimum vereistes van die Nasionale Kurrikulum voldoen.

Deur aan die Nasionale kurrikulumvereistes te volg, kan leerders maklik tussen skole beweeg (horisontaal) en vorder tussen die verskillende NKR-vlakke (vertikaal) volgens die bevorderingsvereistes soos bepaal deur die DBO in die 2016 Nasionale Beleidsdokument.

Evaluering

Streng volgens die vereistes in die KABV-dokumente.

Deurlopende assessering en evaluering van leerders se vordering vind plaas met geleentheid vir interaksie tussen ouers en onderwysers

Klasgrootte en leerbenadering

Met slegs ses leerders per klas, kan ons verseker dat elke leerder die ondersteuning en aandag ontvang wat hulle verdien. Ons klein klasgroepe verminder die moontlikheid van klaskamerontwrigtende gedrag, wat lei tot 'n gefokusde en produktiewe leeromgewing. Leerders kan die Kurrikulum suksesvol voltooi, met gepersonaliseerde ondersteuning waar nodig

Profiel leerder

Ons verwelkom die profiel leerder wat die CAPS-kurrikulum met ondersteuning kan voltooi, en wat voordeel trek uit klein klasse . Leerders wat met die tempo van die klas kan byhou sonder om die leerproses te ontwrig, en wat baat by 'n gestruktureerde, maar individuele benadering tot onderrig

Durbanville Akademie: Graad 6-12

image_edited.png

Ons by Durbanville Akademie Grondslagfase fokus op die ontwikkeling van leerders in Graad 1-5. Vir voortgesette leer vanaf Graad 6 tot Graad 12, skakel  ons leerders in by Durbanville Akademie.

Ontmoet die span

Ons span bestaan uit gekwalifiseerde onderwysers met  ervaring in individuele ondersteuning. Ons is passievol daaroor om leerders te help om leerhindernisse te oorkom en hul volle potensiaal te bereik. Deur persoonlike aandag en aanpasbare onderrigmetodes te gebruik, skep ons ‘n omgewing waar elke kind selfvertroue kan opbou en akademiese sukses kan beleef

Shirley Meyer

Van 'n kind wat konstante angs ervaar het, tot 'n kind wat skool toe gaan met groot liefde, sy onderwysers aanbid en floreer – hy is gelukkig! Die skool bied 'n wonderlike leeromgewing met klein klasse wat aangepas is om aan die kind se individuele behoeftes te voldoen, waar hulle teen hul eie pas kan groei. Daar word nie net gefokus op akademiese groei en ondersteuning nie, maar ook op die bou van selfvertroue en lewensvaardighede. Die personeel is toegewyd, omgeeend en ondersteunend.

Foto's

KONTAK ONS

4 Hafele straat,

Durbanville, 7550

Leandri : 0727399226

 

Annelize : 0725090433

  • Facebook
  • Instagram

Baie dankie

Ons maak gebruik van die KABV (CAPS) - gebaseerde kurrikulum wat deur Impaq verskaf word en ontvang akademiese ondersteuning vanaf Impaq.

bottom of page